Welkom by Hausenberg Ontwikkelings Koöperasie Beperk |
|
Hausenberg Ontwikkelings Koöperasie Beperk bied u die geleentheid om ‘n aandeel, of aandele, te koop in ‘n nuwe groeipunt vir blanke Afrikaners. Maak ‘n belegging in die Afrikaner en sy nageslag se toekoms! Ons beloof geen opbrengs of winste op u belegging nie, maar ons bied u die geleentheid om te belê in die Vryheidsideaal van die Afrikaner Boervolk. Die Koöperasie is in die proses om ‘n plaas in die Noordkaap, teen die Oranje Rivier te koop, as ‘n nuwe groeipunt vir die Afrikanervolk en blankes wat hulle self nie as deel van die nuwe Suid Afrika, of ‘n kommunistiese toekoms, kan sien nie.
U kan ‘n lid word van die Koöperasie word deur ‘n aandeel te koop teen slegs R 5 000.00 per aandeel, welke aandeel aan u lewenslange verblyf- en gebruiksreg gee op ‘n 500 vk/m standplaas, per aandeel, op die Koöperasie se grond. Aandeelhouers met meer as een aandeel kan versoek dat standplase aangrensend is.
U kry onder huidige wetgewing nie individuele eiendomsreg nie, maar is met ander woorde deeleienaar in die Koöperasie se grond, waarvan 500 vk/m per aandeel wat u besit, uniek aan u toegedeel word vir verblyf en gebruik binne die Grondwet van die Koöperasie. Hierdie is die geleentheid om te kan bly en werk (in die toekoms) in ‘n misdaadvrye omgewing, tussen u eie mense, onderhewig aan reëls en regulasies wat die Afrikaner se unieke westers-christelike waardes onderskryf en vervat.
Die standplase is ongediens en ongenommer. Elke huis sal selfversorgend wees in terme van energie en rioolverwerking. Water sal deur die Koöperasie verskaf word. In die begin sal daar ook nie teerstrate wees nie, maar dit sal gebou word soos die gemeenskap groei en eie geld genereer.
Daar sal ingevolge die Koöperasie se grondwet nie spekulasie met die aandele toegelaat word nie, omdat geen Afrikaner in hierdie tyd van oorlewing die reg het om uit sy eie mense wins te maak nie. Dus kan niemand ‘n groot stuk grond koop, met die doel om dit vir ‘n wins aan ander aansoekers te verkoop nie. |